Ramaphosa het kommer oor SA-munisipaliteite

President Cyril Ramaphosa sê dis kommerwekkend dat die onlangse verslae van die ouditeur-generaal, Nasionale Tesourie en die Departement van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake wys die meeste Suid-Afrikaanse munisipaliteite misluk. Ramaphosa sê volgens die Tesourie verkeer twee-derdes van Suid-Afrika se 257 munisipaliteite onder finansiële druk terwyl slegs 41 die afgelope boekjaar skoon oudits ontvang het: