Kosmos 94.1

Kosmos 94.1 is Namibië se gunsteling Afrikaanse radiostasie.

We Built This City
STARSHIP
Download on the App StoreGet it on Google Play
Wakker Word
Wakker Word
Jean-Louis & Yanna Smith
Nuus, geselsies en lag… Weeksdae 06:00 tot 10:00.

Jongste Nuus

Bly op hoogte met die jongste nuus van hier, daar en oral.

Misdaad/Hof

25 Friesperde van N$1,25 miljoen in Omaruru-distrik gesteel

'n Enorme veediefstalsaak van 'n ongewone aard word deur die Erongo-polisie ondersoek, na 25 Friesperde ter waarde van 1,25 miljoen Namibiese dollar gesteel is. Volgens die polisieverslag het die diefstal tussen 7 Julie 2022 en Maart vanjaar by die plaas Kasandara Game in die Omaruru-distrik plaasgevind. Onbekende verdagtes het die perde gesteel en verkoop. Geen perde is sover teruggevind nie en die polisie-ondersoek duur voort. Enigiemand met inligting oor die voorval moet die polisie dadelik in kennis stel.

Afrika

Bek-en-klouseer in Wes-Kaap bevestig

Die Wes-Kaapse Departement van Landbou het 'n geval van bek-en-klouseer op 'n plaas naby Gouda bevestig. Die plaas en twee ander in Velddrift en Bredasdorp is onder kwarantyn geplaas, terwyl alle plase binne 'n omtrek van tien kilometer ondersoek word. Veeartsenykundige spanne ondersoek 'n vervoermaatskappy wat met die uitbreking verbind word. Staatsveearts Annelie Cloete het boere versoek om tot verdere kennisgewing geen gesplete hoef-diere te vervoer nie:

Internasionaal

VN hef sanksies teen Siriese president op

Die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad het gestem om sanksies op te hef teen Sirië se president, Ahmed al-Sharaa, en die minister van Binnelandse Sake, Anas Khattab. Die Amerikaans-opgestelde besluit is met 14 stemme aanvaar terwyl China buite stemming gebly het. Sharaa het die magte gelei wat Bashar al-Assad onttroon het, en is in Januarie vir ʼn oorgangstydperk aangestel. Amerika se ambassadeur by die VN, Mike Waltz, beskryf die besluit as ʼn erkenning dat Sirië ʼn nuwe era betree het:

Sport

Gregan kritiseer ruil van Rugbykampioenskap met All Blacks-toer

Rugby: Die legendariese Wallabie-skrumskakel George Gregan het die besluit gekritiseer om die Rugbykampioenskap volgende jaar op te offer vir 'n volwaardige All Blacks-toer na Suid-Afrika. Hy sê die verandering is op die slegste moontlike tyd nadat vanjaar se kampioenskap tot so 'n opwindende kompetisie gelei het. Gregan sê dit het lank geneem vir die kampioenskap om so gewild soos die Sesnasies te word. Hy vra wat die reaksie sou wees as die Sesnasies vir 'n jaar uitgestel word omdat Engeland eerder teen Frankryk wil speel.

Afrika

Klimaatslim toilette sal sanitasiedruk verlig

Unicef, in vennootskap met die Oniipa-stadsraad en die Lixil Korporasie het begin met die installering van bekostigbare, klimaatslim toilette in informele nedersettings. Die inisiatief teiken meer as 500 huishoudings, met die doel om oop ontlasting te bekamp en sanitasie te verbeter in 'n land waar een uit elke vyf stedelike inwoners steeds nie behoorlike toiletgeriewe het nie. Unicef-verteenwoordiger Samuel Ocran het meer.

Sport

Vlugbalspelers opgeroep om eerste nasionale spanne in 14 jaar te kies

Die nuut aangestelde nasionale vlugbal-hoofafrigter, Joel Matheus, het sy eerste groepe aangewys vir 'n basislyntoets en oefenkamp wat van 15 tot 16 November in Windhoek gehou sal word. Dit is die eerste keer in 14 jaar dat nasionale spanne gekies sal word. Die Internasionale Vlugbalfederasie-gesertifiseerde instrukteur Matheus is deur die Namibië Vlugbalfederasie aangestel as hoofafrigter van die senior mans- en vrouespanne vir ses maande, met ingang van 5 September. Sy aanvanklike groepe bestaan uit 27 vrouespelers en 'n senior mansgroep van 36 spelers. Die finale lys sal na die oefenkamp bepaal word en sal uit slegs 18 spelers tussen die twee spanne bestaan.

Politiek

ECN ontken LPM se benoemings-bewerings, stelselfoute

Die Verkiesingskommissie het bewerings deur die LPM dat dit doelbewus hul plaaslike raadsbenoemings geblokkeer het, van die hand gewys en daarop aangedring dat daar geen stelselfoute was nie. Die kommissie sê sy personeel het hulself professioneel gedra en dat enige registrasieprobleme te wyte was aan die LPM se eie tekortkominge. Woordvoerder De Wet Siluka het meer.

Politiek

Khomas-vereniging wag op deurslaggewende Verkiesinghof-uitspraak

'n Deurslaggewende uitspraak van die Verkiesingshof word Maandag verwag, terwyl die Khomas Inwoners- en Belastingbetalersvereniging veg om later vandeesmaand aan die Windhoek Stadsraadsverkiesing deel te neem. Die groep sê hulle is geblokkeer om die Verkiesingskommissie se aanlyn nominasiestelsel te gebruik en wil hê dat hul papiervoorleggings eerder aanvaar word. Regters Hannelie Prinsloo, Orben Sibeya en Beatrix de Jager sal hul uitspraak Maandag lewer. Die vereniging se sekretaris-generaal, Shaun Gariseb, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.

Misdaad/Hof

Rob-genitalië van byna N$1 miljoen uit Hentiesbaai-fabriek gesteel

Die Erongo-polisie ondersoek 'n saak van huisbraak met die doel om te steel en diefstal, na byna 3 000 rob-genitalië van byna 'n miljoen Namibiese dollar uit die robprodukte-fabriek op Hentiesbaai gesteel is. Onbekende verdagtes het omstreeks 5-uur Donderdagoggend die fabriek se kantoordeur verwyder, die fabriek betree en 696 robbul-genitalië, 2 225 kleiner genitalië en 'n Acer skootrekenaar en hardeskyf gesteel. Die totale waarde van die items is 950 000 dollar. Niks van die gesteelde items is sover teruggevind nie en die polisie-ondersoek duur voort.

Internasionaal

Franse man mag N$14 miljoen se goud uit sy tuin hou

'n Man wat goudstawe en -muntstukke ter waarde van ongeveer 14-miljoen Namibiese dollar ontdek het terwyl hy 'n gat vir swembad in sy tuin in Frankryk gegrawe het, het gehoor hy kan dit hou. Die naamlose man het die goud in Mei by sy huis in 'n dorpie buite Lyon gevind en dit by die Streeksdirektoraat vir Kultuursake aangemeld. 'n Woordvoerder van die plaaslike owerheid sê amptenare by die direktoraat het beslis hy mag dit hou, aangesien dit nie 'n argeologiese skat is nie.

Politiek

ECN begin met opleiding van stembusagente, polisie

Die Verkiesingskommissie in die Omaheke-streek het opleidingsessies vir stembusagente en polisiebeamptes begin voor die stemdag. Die program is daarop gemik om deelnemers voor te berei vir hul rolle by stemlokale en hulle vertroud te maak met verkiesingsmateriaal en -prosedures. Streeksverkiesingsbeampte, Joseph Amwandi, verduidelik verder.

Afrika

Beslaglegging op Mchunu se toestelle 'wys ondersoeke versnel'

Die politieke ontleder Dirk Kotzé sê die beslaglegging op die geskorste polisieminister, Senzo Mchunu, se elektroniese toestelle dui daarop dat ondersoekprosesse begin versnel. Die KwaZulu-Natalse taakspan vir politieke moorde het vanoggend vyf toestelle by Mchunu se huis in Pretoria afgeneem te midde van 'n ondersoek na beweerde politieke inmenging en korrupsie in die regstelsel. Kotzé het aan Newzroom Afrika gesê sodra die ondersoek afgehandel is, sal dit duidelik word wat gevind is:

Programme

Ons programme bied 'n verskeidenheid inhoud, van nuus tot vermaak, wat jou die hele dag deur ingelig hou. Of jy nou op soek is na 'n oggendritueel, 'n middagete-onderbreking of 'n ontspanne aand, ons het iets vir almal. Ontdek ons programme hier.

Wakker Word
Mon–Fri 06:00–10:00

Wakker Word

Nuus, geselsies en lag… Weeksdae 06:00 tot 10:00.

Met Jean-Louis & Yanna Smith

Dagsê
Mon–Fri 10:00–14:00

Dagsê

Goeters en giertjies terwyl jy werk. 10:00 - 14:00

Met Elmero Strauss

Vasbyt
Mon–Fri 14:00–18:00

Vasbyt

Daar’s geen middag-dippie met Kosmos 94.1 nie. 14:00 - 18:00

Met JP Nel en Ruda Schoeman

Ontspan
Mon–Fri 18:00–20:00

Ontspan

Lui-lekker sonsakaande, was die dag af. 18:00 - 20:00

Met Nashawn Shigwedha

Komende Gebeure

Ontdek opwindende geleenthede en aktiwiteite wat binnekort plaasvind. Moenie die aksie misloop nie!

The Painting Table
Entertainment

The Painting Table

Pulse Events is bringing a dose of Windhoek to Swakopmund this November! Join us at Sorellas for a guided painting session by Karel Schickerling. Limited to only 30 seats you are welcome to come as a couple, with your besties or solo for a bit of “me time,” this is your chance to step out, paint, mingle and unwind in style. No experience needed, just great vibes, good company, and a splash of creativity. All painting materials are provided and your ticket includes finger food.

The Namibia Wine Merchants Wine Show
Food

The Namibia Wine Merchants Wine Show

Join us on Thursday, 13 November 2025 at 17:00 for the Annual Wine Show, proudly presented by The Stellenbosch Wine Bar, Donkiesbaai Seafood and Sushi, and The Stellenbosch Tasting Room. Hosted at the Bougain Villas Complex, this much-anticipated evening will showcase the premium wines of more than 25 renowned estates — a true celebration of excellence in winemaking. 🎟️ Tickets: • General Admission – N$475pp: Includes all wine tastings and canapés. • Premium – N$900pp: Includes wine tastings, canapés, and an elegant 2-course dinner. Experience an unforgettable evening of fine wine, gourmet flavours, and vibrant atmosphere — the hallmark of The Stellenbosch Collection. 🍷

Kontak Ons

Het jy vrae of wil jy meer weet oor ‘n dit of ‘n dat? Ons is hierom te help! Kontak ons gerus via die onderstaande besonderhede of stuur 'n boodskap deur die kontakvorm.

Address
Moth Centre
6 Peter Muller St
Windhoek, Namibia