SA inflasie op rekord-7,8% vir Julie gemeet

Statistiek Suid-Afrika het aangekondig dat die jaarlikse verbruikersprys-inflasiekoers in Julie op 7,8 persent gemeet is teenoor 7,4 persent in Junie. Prysverhogings op produkte soos brood en graankosse, olie en vette, brandstof en krag het ‘n aansienlike invloed gehad. Inflasie in die buurland is op ‘n vlak wat laas gemeet is tydens die 2008 wêreldwye finansiële krisis. Maar, Patrick Kelly van Statistiek Suid-Afrika sê dis nie alles slegte nuus nie.