SA ekonoom reageer op werkloosheidsyfer wat effe gedaal het

‘n Suid-Afrikaanse ekonoom het gereageer op Suid-Afrika se ekonomie wat tussen die eerste en tweede kwartaal vanjaar 648 000 werksgeleenthede geskep het. Statistiek SA het aangekondig die land se werkloosheidskoers het in die tweede kwartaal met 0,6 van ‘n persentasiepunt afgeneem tot 33,9 persent. Die grootste toename in werksgeleenthede was in gemeenskaps- en maatskaplike dienste, handel, finansies en die boubedryf. Werksgeleenthede het egter verlore gegaan in die vervaardigings- en vervoerbedryf. Die aantal werklose mense het met 132 000 toegeneem tot 8 miljoen. First National Bank Suid-Afrika se senior ekonoom, Thanda Sithole, is aan die woord.