Springbok-vroue draf weer vandag teen Spanje uit

Die Springbok-vrouespan speel vandag teen Spanje in die tweede toets van die Winterreeks vir Vroue op Potchefstroom. Na Suid-Afrika se weghol-oorwinning van 44-5 in die eerste toets op Ellispark in Johannesburg, het hulle nou die geleentheid om ʼn eerste tuis-reeksoorwinning teen hul Europese eweknieë te beklink. Volgens die hoofafrigter, Stanley Raubenheimer, wil die span aanhou verbeter: