NamWater mik steeds vir Orano se ontsoutingsaanleg

NamWater het nie planne van die hand gewys om die Erongo-ontsoutings-aanleg, wat deur die Franse kern-energiemaatskappy Orano Group besit word, te bekom nie. Dit val saam met die planne van NamWater om sy eie ontsoutingsaanleg te bou om watervoorsiening in die Erongo-streek te vergroot. Die twee partye het ‘n tegniese adviseur aangestel om te verseker hulle kom met ‘n werkbare oplossing rakende die aanleg vorendag. Die tegniese adviseur se bevindinge sal teen die einde van die jaar aan regering, NamWater en Orano voorgelê word, wat aan alle partye ‘n duideliker prentjie oor die pad vorentoe sal gee. Abraham Nehemia, NamWater se hoof uitvoerende beampte, gesels met Kosmos 94.1 Nuus.