ANC-regering moet versigtig vir staking by staatsamptenare

Suid-Afrikaanse vakbonde wat staatsamptenare verteenwoordig waarsku die regering om sy salarisaanbod te verhoog wanneer onderhandelings môre by die Staatsdiens se koördinerende bedingingsraad hervat, of ‘n verlammende staking kan volg. Georganiseerde arbeid sê werkers is keelvol nadat hulle die afgelope drie-jaar geen verhogings gekry het nie. Ontleders sê egter ‘n staking deur sommige of al die Staatsdiens se 1,3 miljoen werkers is die laaste ding wat die Suid-Afrikaanse ekonomie tans kan bekostig. Hulle glo dit kan die land selfs in nog ‘n resessie dompel.