RSG-omroeper moet verskyn na tref-en-trap ongeluk

‘n Omroeper van die Afrikaanse radiostasie RSG moet op die 14de van volgende maand weer in die Landdroshof in Bellville, Kaapstad, verskyn op aanklag van roekelose en nalatige bestuur. Johan Rademan word daarvan aangekla dat hy in Januarie verlede jaar ‘n tienjarige meisie in Durbanville met sy motor omgestamp en toe weggery het sonder om haar te help. Die kind se pa, Dawie Breet, het buite die hof gesê sy dogter is nie ernstig beseer nie, maar mense moet verantwoordelikheid aanvaar vir hul dade.