Namibië vra Cites om witrenoster se regulasies te verslap

Berigte lui dat Namibiese omgewingsowerhede daarop aandring om toestemming te bekom om handel te tref met witrenosters in die land. Dit sal verkope sowel as trofeejag van die diere toelaat. Die land het ‘n voorstel gemaak en sal dit by die komende byeenkoms van die Verenigde Nasies se Cites liggaam wat internasionale handel in bedreigde plant- en dierespesies reguleer, indien. Die voorstel vra dat witrenosters van skedule een na twee verskuif word. In sy voorstel voer Namibië aan dat jag vir trofeë erken word as ‘n waardevolle bestuursinstrument wat broodnodige inkomste vir renosterbewaring sal bring, terwyl handel in lewende diere om dieselfde rede ook belangrik is.