Duitsers neem BIG-toelaag onder die loep

Die Duitssprekende Namibiërs-forum gaan die basiese inkomste-toelae onder loep neem om te bepaal of dit ‘n resep vir ‘n ramp is, en of dit die enigste manier is om armoede in die land te verminder. Die forum hou môreaand ‘n openbare debat by die Goethe-instituut in Windhoek. Die geleentheid is oop vir die publiek en arbeidskenner Herbert Jauch en ekonoom Rome Mostert is die gassprekers. Die voorsitter van die Forum, Harald Hecht, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.