Onderwys-konferensie ‘n reuse-sukses

Die uitvoerende direkteur in die onderwysministerie Sanet Steenkamp sê die transformasie-konferensie wat verlede week in die hoofstad gehou is, was ‘n reuse-sukses met baie goeie bywoning. Verskeie kwessies het onder die loep gekom waaronder ook ‘n finansieringsmodel vir onderwys. Steenkamp het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.