Slegs 10 000 pikkewyn-broeipare langs SA kus oor

Die Suider-Afrikaanse Stigting vir die Beskerming van Seevoëls het met ʼn veldtog begin om pikkewyne langs die Suid-Afrikaanse kuslyn te red, aangesien hulle getalle steeds afneem. ʼn Mariene-bewaarder en stigter van WaddleOnSocks, Martine Viljoen, sê net 10 000 broeipare is oor. Volgens Viljoen is die afname in visgetalle langs die Weskus ook kommerwekkend. Viljoen sê haar organisasie en SANCCOB werk saam met plaaslike visserye om te verseker die oorblywende pikkewyne het genoeg om te eet.