Nie alle staatsamptenare mag staak

Die staking van Namibiese staatsamptenare gaan binnekort plaasvind nadat die meerderheid ten gunste van ‘n staking gestem het, maar kommer heers oor sommige staatsdepartemente. Sakaria Nandjigwa, hoofbeleids-ontleder by die kantoor van die arbeidskommissaris, het vandag tydens ‘n openbare bespreking by die inligtingsentrum verduidelik dat daar sommige staatsamptenare in noodsaaklike dienste is wat nie aan stakings van hierdie aard mag deelneem nie.