Stad Windhoek het in tien jaar N$3,2 miljard verloor

Die Windhoek raadslid en lid van die Independent Patriots for Change, Jürgen Hecht, sê die Stad het oor die afgelope tien jaar verliese van 3,2 miljard Namibiese dollar aangeteken. Hecht sê talle huise kon gebou word en paaie geteer word as die Stad net gelyk gebreek het…