Handel tussen SA en Ivoorkus verbeter
President Cyril Ramaphosa sê handel tussen Suid-Afrika en Ivoorkus verbeter geleidelik. Ramaphosa was die spreker tydens ʼn Sake-forum tussen Suid-Afrika en Ivoorkus in Pretoria. Suid-Afrikaanse uitvoere na Ivoorkus het herstel na ʼn afname in 2019 en die waarde van invoere uit dié land het die afgelope vyf jaar verdubbel. Ramaphosa sê verskeie Suid-Afrikaanse maatskappye doen sake in Ivoorkus in bedrywe soos telekommunikasie, die uitsaaiwese, bankwese en versekering.