Kosmos 94.1

Kosmos 94.1 is Namibië se gunsteling Afrikaanse radiostasie.

Hallo My Maatjie
KURT DARREN
Download on the App StoreGet it on Google Play
Wakker Word
Wakker Word
Jean-Louis & Yanna Smith
Nuus, geselsies en lag… Weeksdae 06:00 tot 10:00.

Jongste Nuus

Bly op hoogte met die jongste nuus van hier, daar en oral.

Misdaad/Hof

Drie in Narraville vas oor Mandrax van N$24 000

Drie Namibiese mans sal môre in die Walvisbaai landdroshof verskyn op 'n klag van handeldryf in Mandrax, alternatiewelik besit van die dwelm. NamPol op die dorp sê hulle het 'n menigte klagtes ontvang oor 'n welbekende dwelmhuis in Langenhovenstraat in Narraville, wat dwelms in die township versprei. Hulle het Donderdagmiddag 'n klopjag op die huis uitgevoer en 200 vol Mandrax-tablette ter waarde van 24 000 Namibiese dollar by die verdagtes in die huis gekry. Die drie is toe in hegtenis geneem.

Misdaad/Hof

Mkhwanazi erken hy het geld van 'Cat' Matlala ontvang

Die geskorste adjunkhoof van Ekurhuleni se Metropolisie, Julius Mkhwanazi, het aan die Madlanga-kommissie erken dat hy geld van die omstrede sakeman Vusimuzi “Cat” Matlala ontvang het en beskryf hul verhouding as baie na aan mekaar, soos broers. 'n Getuienisleier, Mahlape Sello, het gevra of Mkhwanazi persoonlik of deur Matlala se ondernemings fondse ontvang het. Mkhwanazi het beweer die geld was vir informele behoeftes en het bygevoeg hulle het gereeld sosiaal onmoet totdat onlangse bewerings hul kommunikasie belemmer het:

Sport

Rio Ferdinand lei sterbelaaide 2026 Wêreldbekerloting

Sokker: Engeland se voormalige kaptein en verdediger van Manchester United, Rio Ferdinand, sal môre se loting vir volgende jaar se Wêreldbekertoernooi in Washington behartig saam met die bekroonde uitsaaier Samantha Johnson. Die sewemalige Super Bowl-kampioen Tom Brady, die viermalige NBA-kampioen Shaquille O'Neal, die sewemalige Major League-bofbalster Aaron Judge, en die Nasionale Hokkieliga se heldesaal-ster, Wayne Gretzky, sal met die trekking help. Twee-en-veertig lande, insluitend Suid-Afrika, sal verteenwoordig word. Die ander ses deelnemende spanne moet nog bepaal word en sal eers in Maart bekend wees.

Weer

Windhoekers moet nóú voorberei vir swaar reën

Die Stad Windhoek doen 'n beroep op inwoners om nou voor te berei om 'n herhaling van die skade wat deur kitsvloede aan die begin van hierdie jaar veroorsaak is, te vermy. Munisipale woordvoerder Lydia Amutenya het gesê, ten spyte van enkele buie tot dusver, moet die hoofstad voorberei vir die moontlikheid van historiese oorstromings vroeg volgende jaar. Dit is te midde van berigte van 'n seisoen met 'n hoë risiko van swaar, wydverspreide reën landwyd en selfs die Australiese Buro vir Meteorologie sê 'n sterk negatiewe Indiese Oseaan-dipool kan reënval oor Suider-Afrika versterk. Amutenya het met Kosmos 94.1 Nuus gesels:

Sport

Onder-21 Mans-hokkiespan veg voort in Indië

Die Namibiese Onder-21 Mans-hokkiespan speel tans vir die 17de tot 24ste plek by die Junior Wêreldbeker in Indië. Die wedstryd teen Oostenryk het gelykop op 2 elk geëindig in gewone tyd, maar Oostenryk het toe twee doele aangeteken in die doelskietstryd om die wenner te bepaal. Die Namibiese kaptein John-Paul Britz, wat albei doele in gewone tyd aangeteken het, is aan die woord.

Namibië sal N$30,7 miljard van Afrika-ontwikkelingsbank kry

Die Afrika-ontwikkelingsbank beplan befondsing van 30,7-miljard Namibiese dollar vir Namibië oor die volgende paar jaar, om projekte in sektore soos vervoer, energie en water te ondersteun. 'n Woordvoerder van die bank het aan Reuters gesê die befondsing vorm deel van sy strategie om ekonomiese groei in Namibië tot 2030 te ondersteun, en die algehele bedrag kan verander aangesien dit halfpad deur hierdie tydperk hersien sal word. Die meerderheid van die geld sal in die vorm van lenings wees, hoewel daar ook 'n toelaag-afdeling is.

Politiek

Opposisie het g'n nie hul mandaat uitgevoer nie: LPM

Politieke partye is nie tevrede met kommentators wat sê dat die opposisie swak gevaar het in die afgelope verkiesings, omdat hulle nie hul mandaat uitgevoer het nie. Dit volg op Swapo wat aansienlik meer stemme getrek het as in die 2020 plaaslike owerheid en streeksraad-verkiesings. Kosmos 94.1 Nuus het met die LPM-woordvoerder Lifalaza Simataa gepraat.

Energie

Fase 1 van stigting van Kernenergie-program gaan begin

Die kabinet het in sy jongste vrygestelde besluite die Kantoor van die Eerste Minister gerig om te begin met die implementering van Fase 1 om die Kernenergie-program Implementeringsorganisasie, of Nepio, en sy werksgroepe te stig, as 'n eerste stap in die formulering van 'n nasionale beleid en om die land se Kernenergie-program te bevorder. Nepio en die werksgroepe sal al die Fase 1 aktiwiteite uitvoer en ontbind word wanneer die program formeel gestig is. Die kantoor moet ook die sleutel-belanghebbende ministerie raadpleeg oor Nepio se befondsing en finansiële vereistes vir toekomstige werksaamhede.

Gemeenskap

Angolese kinders moet bly 'tot oplossing gevind is'

Angola het planne aangekondig om die Angolese kinders wat tans op straat in verskeie dele van Namibië woon, voor die einde van 2025 te repatrieer. Angola se ambassadeur in Namibië, Pedro Mutindi het na bewering kommer uitgespreek oor die lang afstande wat jong kinders alleen reis, veral langs die 760 kilometer lange Oshikango-Windhoek-pad. Kosmos 94.1 Nuus het met prokureur Kadhila Amoomo gepraat wat sê dit moet met 'n knippie sout gevat word.

Weer

Reën vanaf vandag voorspel

Reën word vir die res van hierdie week, vanaf vandag, tot deur die naweek verwag. Neerslae is gekonsentreer in die sentrale, oostelike en noordelike dele van die land. Kosmos 94.1 Nuus het met die hoof meteoroloog by die Namibiese weerdiens, Odillo Kgobetsi, gepraat:

Programme

Ons programme bied 'n verskeidenheid inhoud, van nuus tot vermaak, wat jou die hele dag deur ingelig hou. Of jy nou op soek is na 'n oggendritueel, 'n middagete-onderbreking of 'n ontspanne aand, ons het iets vir almal. Ontdek ons programme hier.

Wakker Word
Mon–Fri 06:00–10:00

Wakker Word

Nuus, geselsies en lag… Weeksdae 06:00 tot 10:00.

Met Jean-Louis & Yanna Smith

Dagsê
Mon–Fri 10:00–14:00

Dagsê

Goeters en giertjies terwyl jy werk. 10:00 - 14:00

Met Elmero Strauss

Vasbyt
Mon–Fri 14:00–18:00

Vasbyt

Daar’s geen middag-dippie met Kosmos 94.1 nie. 14:00 - 18:00

Met JP Nel en Ruda Schoeman

Ontspan
Mon–Fri 18:00–20:00

Ontspan

Lui-lekker sonsakaande, was die dag af. 18:00 - 20:00

Met Nashawn Shigwedha

Komende Gebeure

Ontdek opwindende geleenthede en aktiwiteite wat binnekort plaasvind. Moenie die aksie misloop nie!

Come meet the founders
Business

Come meet the founders

In every era, a few people step forward to build what the rest of us will one day take for granted. On 04 December , you’ll meet them. These are the founders who refuse to accept that “good enough” is good enough. The ones modernizing the systems that quietly run our country: Accounting that thinks for you. Fintech that moves with the speed of ambition. Property management without the paperwork purgatory. Recruitment technology that finds talent without the guesswork. Railway management built for a nation that deserves efficiency. They are not theorizing. They are shipping. Improving. Solving. And for one afternoon, they will open their products and their minds to you. If you believe Namibia’s future belongs to those building it, this is where you belong. 📅 04 Dec 2025 ⏰ 2 PM 📍 Hans-Dietrich Genscher 106, Windhoek – @The Document Warehouse Come meet the people shaping the systems that shape everything else.

Hosted by Techhub

The Document Warehouse

Hans-Dietrich Genscher 106, Windhoek

Couples Date Night : Love & Allure
Food

Couples Date Night : Love & Allure

This date night is going to be a real treat! With welcoming drinks on arrival, you and yours will indulge in TWO delicious Mediterranean two-course meals in a thrilling blind food tasting experience. Yes, blind folded 😊. Orlale studio will be snapping pics as you arrive, so dress to impress in your finest Black Tie attire. For this grand finale, get ready to make some new friends as we gather around the long tables, Mediterranean-style, for an unforgettable night of food, wine, live music and love!

Hosted by Pulse Events & Consultancy

Zest Mediterranean Restaurant

18 Liliencron Street, Eros, Windhoek

Style Sanctuary
Lifestyle

Style Sanctuary

It gives us great pleasure to invite you to join us as we celebrate the official soft launch for Style Sanctuary Namibia an image consulting and wardrobe curator service. A milestone made possible by Spier 1692 and continued support of our valued patrons and partners. The afternoon will feature live entertainment, shopping experience of Namibian local products, great music, and an atmosphere of appreciation as we commemorate an incredible growth in launching Style Sanctuary Namibia. We would be honoured by your presence as we celebrate this milestone!

Hosted by Allan HS Investments

Berrylicious (Located at Freedom Plaza)

Rev Michael Scott St., Windhoek

Kontak Ons

Het jy vrae of wil jy meer weet oor ‘n dit of ‘n dat? Ons is hierom te help! Kontak ons gerus via die onderstaande besonderhede of stuur 'n boodskap deur die kontakvorm.

Address
Moth Centre
6 Peter Muller St
Windhoek, Namibia