Soweto moet voorafbetaalde meters kry of in die duister wees – Eskom

Eskom het aan Soweto se inwoners gesê hulle moet voorafbetaalde meters installeer of in die duister bly. Die kragvoorsiener sê voorafbetaalde meters is nodig, omdat die netwerk beskerm en inkomste ingevorder moet word. Soweto skuld meer as 4,5-miljard-rand en volgens berigte is net 40-persent van inwoners bereid om vir dienste te betaal. Eskom se Gautengse woordvoerder, Amanda Qithi, sê inwoners wat onwettige verbindings aanbring, omseil sekere veiligheidsregulasies en plaas druk op die stelsel. Sy sê dit veroorsaak onbeplande kragonderbrekings.