Nam se jongste vroulike afslaer: Annette sê loopbaan het haar gekies

Hoe word ‘n 19-jarige meisie van Aranos Namibië se jongste vroulike afslaer? Annette Steyn sal eersdaags haar loopbaan as die tweede vroulike Namibiese afslaer by Agra afskop en sy beplan om as ‘n Dorper- en Meatmaster-keurder te kwalifiseer. Annette het met Kosmos 94.1 Nuus gesels oor hoe die loopbaan oor haar pad gekom het.