Baba-bokke behaal eerste plek in Groep A

Die Junior Springbokke het in nog ‘n sterk vertoning in die Sesnasiesreeks in Italië die Iere met 33-24 verslaan. Tiaan Lange het twee van Suid-Afrika se vyf drieë gedruk en sy span na hulle tweede agtereenvolgende oorwinning in die reeks gelei. Die Baba-Bokke is met die maksimum van tien punte nou eerste in Groep A. Nadat Engeland met Frankryk afgereken het, het dié twee spanne nou vyf elk met Ierland wat nog punte moet aanteken. Suid-Afrika kom Dinsdag in hulle derde wedstryd teen Frankryk te staan.