Namport en Belgiese hawens onderteken samewerkingsooreenkoms 

Die Namibiese Hawens-owerheid, Namport, het ‘n samewerkingsooreenkoms met die Belgiese hawe van Antwerp Brugge en die Antwerp Flanders se hawe-opleidingsentrum onderteken. Volgens ‘n mediaverklaring van Namport, is aangedui dat beide partye sal saamwerk aan verskeie strategiese kwessies soos die potensiaal en uitvoer van groen waterstof-produksie uit Namibië. Die ooreenkoms is in Glasgow tussen die Namibiese ministerie van myne en energie en die federale ministerie van energie van die Koninkryk van België onderteken.