Asiese markte daal skerp, daar’s verskeie redes

Aandelemarkte in Asië het skerp gedaal te midde van stygende pryse in Amerika, ‘n Covid-19-waarskuwing uit Beijing, en hernude kommer oor ‘n selfs strenger beleid van die Federale Reserweraad. Japan se Nikkei-indeks en die Kospi in Suid-Korea  het vandag teen meer as drie-persent laer verhandel, terwyl die Hang Seng in Hongkong met 2,8 persent gedaal het. Die Federale Reserweraad het verlede maand sy grootste rentekoers-verhoging in meer as twee dekades aangekondig. Hy die verwysingsrentekoers met ‘n halwe persentasiepunt verhoog, tot ‘n koers van 0,75 persent tot 1 persent.