Permitte verpligtend vir wilde diere in aanhoudingMay 10, 2021
Die Namibiese Ministerie van die Omgewing, Bosbou en Toerisme het gemaan dat mense wat wilde diere onwettig op plase, grond of geriewe sonder die nodige permitte aanhou, vervolg sal word. ‘n Nasionale Taakspan is aangestel om ondersoek in dié verband in te stel. Woordvoerder van die Ministerie, Romeo Muyunda, gesels met Kosmos 94.1 Nuus.