Masels in bedwang in Tshwane

Die Stad Tshwane sê die gevalle van masels wat verlede maand aangemeld is, is tans in bedwang, maar die situasie is ernstig genoeg om inwoners te waarsku om waaksaam te wees en voorkomende maatreëls in te stel. Masels is ‘n hoogs aansteeklike siekte wat veroorsaak word deur ‘n virus wat hoofsaaklik versprei deur besmette persone wat hoes of nies. Die stad se woordvoerder, Sipho Stuurman, sê veral kinders jonger as een jaar oud, kan ingewikkelde masels ontwikkel. Masels is ook in die noorde van Namibië deur die gesondheidsministerie bevestig.