Corruption Watch bekommerd oor veiligheid van fluitjieblasers

Corruption Watch is bekommerd oor die veiligheid van fluitjieblasers. Dit volg op doodsdreigemente teen die Direkteur-generaal in die presidensie, Phindile Baleni. Volgens ‘n senior navorser by Corruption Watch, Melusi Ncala, is die regering steeds nie ernstig oor die  kwessie van fluitjieblasers se veiligheid nie. Ncala sê hulle lewens is altyd in gevaar en enige dreigement wek groot kommer.