Tsumeb wil klante na straatmark lok
Die Covid-pandemie het oral verwoesting gesaai en besighede is ontwrig. In baie Namibiese dorpe het straatverkopers en opemark-ondernemings hul toevlug tot kleinsake-aktiwiteite by hul huise geneem. Die Tsumeb-munisipaliteit het egter die gebrek aan aktiwiteite in die dorp se strate opgemerk en het nou ‘n straatmark-inisiatief ingestel in ‘n poging om straatbesighede en klante terug te bring. Danny Meyer, direkteur van SMEs Compete praat met Kosmos 94.1 Nuus…