Onderwyser met vuurwapen gedreig

Onderwysers by die Hoërskool Matthew Goniwe in Kaapstad sê hulle vrees vir hul lewe ná ‘n toename in rooftogte waarby leerders van dié skool na bewering betrokke is. ‘n Onderwyser sê ‘n graad agt- en graad tien-leerder het haar met ‘n vuurwapen gedreig en beroof. Die Wes-Kaapse sekretaris van die Suid-Afrikaanse Demokratiese Onderwysersunie, Jonavon Rustin, sê wetstoepassers moet sigbare wetstoepassing by skole verseker.