Buffalo-skieter pleit onskuldig
Die 18-jarige Amerikaner, Payton Gendron, wat beskuldig word van ‘n rassistiese skietvoorval van 10 mense by ‘n supermark in Buffalo, New York, het onskuldig gepleit op 25 aanklagte. Die beskuldigde het in die hof verskyn vir ‘n aanklagverhoor voor Regter Susan Eagan in die Erie-distrikshof, wat beveel het dat die Gendron in aanhouding moet bly. Hy moet weer op 7 Julie in die hof verskyn.