Pres. Joe Biden vra verbod op aanvalswapens
Die Amerikaanse President Joe Biden het ‘n beroep op die Kongres gedoen om aanvalswapens en hoë-kapasiteit-magasyne te verbied. Dit volg ná die massa-skietvoorvalle in Buffalo New York, Uvalde Texas, en Tulsa Oklahoma. Hy sê as die Kongres dit nie kan verbied nie, moet die ouderdom waarop dit gekoop mag word, van 18 tot 21 verhoog word. Biden het ook gevra dat federale agtergrondondersoeke en wette oor veilige bewaring uitgebrei word.