Arbeidskenner reageer op Namibiese werkloosheid
Werkloosheid bly ‘n groot bekommernis in Namibië, veral omdat daar nie baie is wat gedoen kan word om die kwessie te takel nie. Herbert Jauch, ‘n arbeidskenner , het gesê daar is gesprekke oor hoe om werkloosheid te takel, maar nie veel is gedoen nie. Die Verenigde Nasies bereken Namibië se werkloosheidsyfer onder die jeug op 50 persent. Volgens die Wêreldbank is 200 000 Namibiërs in armoede gedompel in die eerste jaar van die Covid-pandemie, met 1,6 miljoen wat in armoede lewe.