Twee SA gholfspelers verloor borgskap
Gholf: Die Royal Bank of Canada het sy borgskap aan Dustin Johnson en Graeme McDowell onttrek ná hulle besluit om aan die Saoedi-ondersteunde internasionale LIV-reeks deel te neem. Johnson, die tweemalige major-kampioen, is deel van die toernooi wat volgende week by die Centurion-klub in Hertfordshire, Londen, plaasvind. Intussen het die voormalige wêreld-nommer-een, Rory McIlroy, sy afkeer van die geleentheid uitgespreek en sê dit is nie eens ‘n behoorlike toernooi nie.