Namibiese weermag vier vandag sy 32ste bestaansjaar op Grootfontein
Die Namibiese weermag vier vandag sy 32ste bestaansjaar. ‘n Militêre parade sal ter viering van die herdenking op Grootfontein gehou word. ‘n Militêre geweersalvo van 15 skote sal by die Dimo Hamaambo-garnisoen by die militêre basis op Grootfontein afgevuur word. Die weermag maan inwoners van Grootfontein in ‘n mediaverklaring om nie paniekerig te raak as hulle die 15 geweerskote hoor nie.