Aborsie-verhore begin in Zambezi-streek
Die parlementêre staande komitee oor geslagsgelykheid, maatskaplike ontwikkeling en gesinsake het begin met die openbare verhore oor die wettiging en nie-wettiging van aborsie in die Zambezi- en Kavango-streke. ’n Afvaardiging van parlementslede onder leiding van Amelia Amupewa het ‘n hoflikheidsbesoek aan die goewerneur van die Zambezi-streek, Lawrence Sampofu gebring. Die vergadering is opgevolg deur openbare verhore met die gemeenskap. Inligtingsbeampte van die parlement, Rafael Hangula.