Statistiek SA sê daar is ‘n effense daling in werkloosheid onder werklose jongmense

Statistiek SA sê volgens die uitgebreide definisie, wat ontmoedigde werksoekers insluit, het die werkloosheidskoers in die eerste kwartaal van die jaar tot 45,5 persent gedaal. Die totale aantal werkende mense in Suid-Afrika was 14,9 miljoen, teenoor 7,9-miljoen werklose mense. Die statistikus-generaal, Risenga Maluleke, sê die aantal ontmoedigde mense wat werk soek het met 54 000 afgeneem.