Beleggers genooi vir groen skemas en suiwelprojek
Die Namibiese regering het potensiële plaaslike en internasionale beleggers genooi om 11 groen skemas en ‘n suiwelprojek te huur. Dit volg op die bekendstelling van die Versoek om Voorstelle by die Wêreld Ekonomiese Forum in Davos, Switserland. Die 11 groen skemas en die Uvungu Vungu suiwel-projek is op ‘n bou-, bedryf- en oordragbasis beskikbaar. Die regering moedig gesamentlike ondernemings-vennootskappe in die projekte aan, veral met kleinskaalse boere. Die bodproses sluit op 30 Junie. Jona Musheko, die landbouministerie se woordvoerder is aan die woord.