R25 miljard vir herstel van vloedskade in KZN
Die parlementêre ad hoc-komitee wat op die been gebring is om die skade ná die onlangse verwoestende vloede in KwaZulu-Natal te bepaal, sê die herbou van huise en infrastruktuur sal meer as 25 miljard Suid-Afrikaanse rand kos. Die komitee het die provinsie besoek om hul skade-bepalings te doen en om met plaaslike gemeenskappe in gesprek te tree. Ons korrespondent in Kaapstad, Fritz Platt, is aan die woord.