Kwessie oor onwettige inwoners in Gam ontlont
Die Otjozondjupa-streeksleierskap moes oor die naweek ter elfder uur ingryp om ‘n byna-katastrofiese situasie te voorkom by die Gam-nedersetting in die noordooste van die streek. Inwoners van die stil nedersetting het verlede week met winkeleienaars en ander sakelui gebots. Die situasie spruit glo uit die onwettige vestiging van Aawambo in die omgewing. Die meerder Ovaherero-inwoners wou glo die 14 Oshiwambo-inwoners uit die omgewing dryf, maar James Uerikua, die goewerneur van die streek, sê aan Kosmos 94.1 Nuus dit is nie ‘n stamgebonde kwessie nie.