Britse owerhede wil hê Kevin Spacey moet uitgelewer word

Owerhede in die Verenigde Koninkryk sal na verwagting versoek dat die Hollywood-akteur, Kevin Spacey, amptelik uitgelewer word indien hy nie vrywillig na dié land terugkeer nie. Hy word in Brittanje aangekla van die seksuele aanranding op vier mans. Die voorvalle het na bewering tussen 2005 en 2013 in Londen en Gloucester plaasgevind. Internasionale media berig ‘n amptelike uitlewering kan maande duur. Spacey het bekend geraak vir sy rolle in flieks en televisiereekse soos The Usual Suspects en House of Cards.