Vliegtuig met 22 mense aan boord vermis in Nepal se berge

‘n Vliegtuig met 22 mense aan boord het in Nepal se berge vermis geraak, het ‘n amptenaar vandag gesê. Die 9N-AET-vliegtuig was op ‘n 15-minute geskeduleerde vlug na die bergdorpie Jomsom voordat dit kontak met die lughawetoring verloor het, nie lank nadat dit opgestyg het. Die vliegtuig het 13 Nepali’s, vier Indiërs, twee Duitsers en drie bemanningslede aan boord. Die polisie het bevestig ‘n soektog is nou van stapel gestuur. ’n Helikopter is na die gebied gestuur waar die laaste kontak gemaak is.