Springbok-kaptein gaan nie kontrak met Franse klub beklink
Springbok-kaptein Siya Kolisi besef hy het daagliks ‘n impak op die lewens van duisende Suid-Afrikaners en hy sal dit skaad deur oorsee te gaan speel. Dit is waarom hy finaal besluit het om nie ‘n oorsese kontrak te beklink nie. Kolisi het besluit om sy kontrak met die Haaie tot 2027 te verleng, al was daar groot belangstelling van die Franse klubreus Racing 92 om hom te werf.