Nieu-Seelandse premier sê hulle kan veiligheid in Stille Oseaan verseker
Die Nieu-Seelandse eerste minister, Jacinda Ardern, sê dié land is gereed om te reageer op veiligheidsbehoeftes in die Stille Oseaan. Dit volg terwyl China probeer om ‘n streeks-veiligheidsooreenkoms met tien eilandnasies te sluit. Die ooreenkoms sluit samewerking in oor ontwikkeling, handel, wetstoepassing, veiligheid, visserye en internet-netwerke. Ardern sê China probeer sy kontak met die Stille Oseaan-streek uitbrei op gebiede waar reeds aan die behoeftes voldoen kan word.