Lucknow en RCB spook sake in Indiese Premierliga uit

Krieket: Lucknow Super Giants en Royal Challengers Bangalore spook sake vandag uit vir ‘n plek in Vrydag se tweede kwalifiseerder in die Indiese Premierliga. Lucknow het in sy eerste seisoen derde geëindig op die punteleer, met die Protea kolwer/paaltjiewagter Quinton de Kock aan die voorpunt toe hy ‘n honderdtal behaal het in die span se laaste groepwedstryd. Die wenner sal die Rajasthan Royals aanvat vir ‘n plek in Sondag se eindstryd. Rajasthan het in Dinsdag se eerste kwalifiseerder teen die ander nuweling, die Gujarat Titans, verloor, met Gujarat wat na die eindstryd deurgedring het.