Vavi sê vakbonde is hul eie grootste vyand
Die vakbondfederasie Saftu se tweede verkiesingskonferensie vind plaas by ‘n hotel in Boksburg aan die Gautengse Oos-Rand. Die hoofsekretaris, Zwelinzima Vavi, wil herverkies word ondanks sy skorsing en die klagte teen hom dat hy die organisasie se naam oneer aangedoen het. Hy sê die geskille tussen vakbonde bepaal die lewe en dood van die federasie. Vavi sê ook aangeleenthede rondom maatskaplik-ekonomiese toestande in die land sal bespreek word.