Swapo-LP sê landdrosse moet meer betaal word, werk in gevaar
Die Swapo parlementslid Melania Ndjago sê landdrosse moet meer betaal word as gevolg van die omstandighede waarin hulle werk. Sy het in die Nasionale Raad gesê dat hulle met dossiere rond beweeg wat moontlik hulle lewens in gevaar kan stel. Landdrosse in Namibië verdien tussen 20 000 en 25 000 Namibiese dollar maandeliks, en dan nog voordele wat bykom. Sy voeg by dat hulle oorwerk is as gevolg van ‘n tekort van personeel. Sy meen ook dat hulle amptelike voertuie moet ontvang, met drywers, as hulle na ander howe toe reis met dossiere.