Vrouesewes het doelwitte in Frankryk behaal
Die Springbok-vrouesewes se afrigter, Paul Delport, sê sy span het die naweek hulle doelwitte in Frankryk bereik. Hulle het wel gister hulle laaste wedstryd van die toernooi in Toulouse met 10-24 teen Skotland verloor, maar het die tiende plek gehaal, wat ‘n groot prestasie vir die Suid-Afrikaners is. Dit was die span se eerste Wêreldreeks-toernooi sedert 2019. Delport sê hulle is besig om te verbeter, en op sekere gebiede is daar nog baie werk nodig voor volgende maand se Statebondspele.