Eerste advertensie vir opknapping van stadion verskyn

Die Namibiese sportministerie adverteer op die oomblik vir meganiese en elektriese ingenieursfirmas om te bie op herstelwerk aan die Onafhanklikheidstadion in die hoofstad. Dit volg na die finansminister Ipumbu Shiimi 50 miljoen Namibiese dollar begroot het vir die opknapping van die stadion. Volgens die sportministerie se bepalings moet die maatskappy 100 persent Namibies wees met ten minste drie voltooide projekte van meer as 20 miljoen dollar. Aansoeke sluit op 6 Junie. Sportminister Agnes Tjongarero het onlangs haar frustrasie met die vertraging in herstelwerk aan Kosmos 94.1 Nuus uitgespreek.