Veergewig-bokser Kakololo is nuwe WBA Pan-Afrika-kampioen

Die Namibiese veergewig-bokser Nathanael ‘Natty’ Kakololo is die nuwe Wêreld Boksvereniging se Pan-Afrika-kampioen. Hy het gisteraand tydens die Uerikua Champions Collide Boxing Bonanza by die Paresis-sportkompleks op Otjiwarongo as oorwinnaar uit die kryt geklim toe die skeidsregter sy boksgeveg teen die Tanzaniër Kasimu Hamad Hai in die sewende ronde gestop het.