Versamelaar betaal miljarde vir waardevolste motor

‘n Mercedes-Benz 1955-model, wat al beskryf is as die waardevolste motor ter wêreld, is op ‘n veiling in Duitsland verkoop vir ‘n rekordprys van meer as twee miljard Namibiese dollar. Die motor is een van twee uiters skaars oorspronklike 300 SLR Uhlenhaut Coupes van die Mercedes-Benz Classic Collection en is aan ‘n privaat versamelaar verkoop. Die opbrengs van die veiling sal gebruik word om ‘n wêreldwye Mercedes Benz Fonds te stig wat opvoedkundige en navorsingsbeurse in omgewingswetenskap en ontkoling sal verskaf.