Banke bring 86 aansoeke in mosiehof

Dit was ‘n bielie van ‘n mosiehofrol in die hoofstad vanoggend. Regters Eileen Rakow en Herman Oosthuizen het 148 aansoeke vir verstekvonnisse, waarvan 18 reël 108 aansoeke was, deurgewerk. Kommersiële banke het 86 van die aansoeke gebring en vir die eerste keer was die Angolese BIC Bank ook op die rol. Twee voertuie is  opgeëis met veertig onbetaalde lenings ter waarde van 10, 5 miljoen dollar is nou betaalbaar. ‘n Totaal van 44 eiendomme moet betaal word met uitstaande skuld van 45,5 miljoen Namibiese dollar. Okahandja se Osona Village het die rol oorheers. In Maandag se sessie sal regter Shafimana Ueitele 45 onverdedigde egskeidings hanteer.