Saoedi se oliebronne raak op

Daar is groot kommer oor die skynbaar kwynende oliebronne in Saoedi-Arabië. So ver terug as 2008, het die land reeds geprosesseerde seewater benut om die bron uit die grond te dwing. Maar, volgens die bekende Suid-Afrikaanse beleggings-ekonoom Dawie Roodt, is dit nie enigste faktor in die prys nie.

Hy sê die prys van olie handel nie oor bronne nie maar, oor vraag en aanbod.