Naamverandering kom dalk vir Taalmonument en -museum
Die Afrikaanse Taalmuseum en -monument het besluit om met ‘n raadplegingsproses te begin om die moontlikheid van ‘n naamsverandering te bespreek. Die museum sê die eerste stap is om volgende Donderdag en Vrydag ‘n strategiese beplanningsessie met raadslede te hou. Dit word Saterdag opgevolg met ‘n openbare vergadering in die Paarl in die Wes-Kaap. Die museum sê hy bly verbind tot maatskaplike samehorigheid, veeltaligheid, Afrikaans en ander inheemse tale.